Hoofstuk 23
nimmereindigend die escher-lus
die alfa en die omega
is dieselfde ding
is dieselfde ding
dis sonde om god te betwyfel
al die bewyse is in die bybel
en die bybel is waar
want dis god se woord
die bybel self stel dit so
vat die woord se woord
al die bewyse is in die bybel
en die bybel is waar
want dis god se woord
die bybel self stel dit so
vat die woord se woord
piet byleveld sê in sarie
hy weet wanneer iemand
vir hom lieg
is wanneer hy hoor
"ek is 'n christen
jy moet my glo"
hy weet wanneer iemand
vir hom lieg
is wanneer hy hoor
"ek is 'n christen
jy moet my glo"
en in my kop
hoor ek bacchus nel
wat sing
hoor ek bacchus nel
wat sing
die begin is die einde
en die einde die begin
en die einde die begin