Taboek
Riku Lätti
📖 Koop / lees die boek
83 gedigte
Al die gedigte — kies een om te lees en te deel
1
die onpopulêre opinie
hierdie boek is vir niemand nie
die mense wat hierdie boek nodig het
gaan dit nie lees nie
die mense wat hierdie boek gaan lees
2
the i of the beer holder
ek dig nie
ek skryf net neer wat ek voel
met fokkol tierlantyntjies
op een plek sonder 'n comments section
3
vandag
oorlogmaak
teen perdeby
is soms onvermydelik
maar as jy eers daarin is
4
my pa se groot vyf
waarheid
skoonheid
goedheid
liefde
5
terugflits
hulle sê
as jy eendag gaan
speel jou lewe af
voor jou oë
6
alles is natuurlik
met apologie
aan gert
hierdie veralgemening
niks
7
tuinmaak
as god bestaan
glo ek
glo ek god
glo ek god sal doen
8
god, die mier, die mens en natuur
om te dink daar's 'n skeidslyn
tussen natuur en dan jy
is om aan godheid te ly
en jouself te misken
9
die selfsugtige ego
om nie tevrede te is
met die aanwas
van jou gewas nie
maar ook self
10
survival of the fittest
oorlewing was nog nooit maklik nie
in die ou tyd was daar leeus en tiere
allerande wilde diere
wat 'n sagte homo spens
11
ons
ons
is
almal
is
12
heidenisme
is net 'n point of view
die ons bepaal
wie die alien is
of het christus
13
toksiese ateïsme
wanneer die ongeloof
in die bestaan van god
jou verhewe laat voel
omdat jy beter weet
14
om god te skep
die wil om te glo
is diep ingeënt
dog rede moet wen dieper as denke
kyk maar na daai oomblik van swakheid
15
paulus
het jesus eerste verwoord
maar hom nooit ontmoet nie
nooit eers met hom gepraat
om te hoor wat werklik die deal is nie
16
onderskepdrie enig
as jong man het ek dit opmerklik gevind
hoe baie bybelboeke paulus geskryf het
vandag hoor ek amper helfte daarvan
het hy nie geskryf nie
17
wat is in 'n naam
issit nie 'n bietjie funny
hoe die hebreeuse naam
saulus
na romeinse vorm
18
evocatio deorum
wie is die skepper
van god
die grieke het hul eie gode geskep
die romeine het al daai gode
19
voetnota
net ter illustrasie
vir watter tipe vent
josephus was
hy was die enigste geskiedkundige van sy tyd
20
konklusie
christendom is oorspronklik
'n sielkundige wapen
deur die romeine aangewend
wat skrywers soos
21
romeine was
skeppers van die fopnuus
wat joodse godsdiens infiltreer het
om judea te paai
die bedoeling
22
die bybel
'n biblioteek van boeke
met fassinerende verhale
wonderbaarlik vertel
vat dit vir wat dit is
23
nimmereindigend die escher-lus
die alfa en die omega
is dieselfde ding
dis sonde om god te betwyfel
al die bewyse is in die bybel
24
die bygebel
kyk
god het snaakse idees
oor slawerny
dis nou as jy glo
25
spoiler alert
ek weet nie of jy al ooit die bybel
tussen die bene gelees het nie
maar josef is die pa
van die kind
26
jomariaiku
kuise maria
hoe lank was jy met josef
so onder die maan
27
jesus was
was sy naam jesus
of is dit na sy tyd hom toegedig
het hy elke liewe wonderwerk self uitgevoer
of het hy so paar van ander gode geërf
28
maar wat dan van jesus
dis soos robin jaye
een dag aan gabriel vertel
jesus was a good guy
and then he died
29
jesus was 'n kommunis
het voedsel vrylik weggegee
almal laat drink by die dinee
arm mense gratis genees
na die kop op die munt gewys
30
verskoon ons ons skuld - 'n gebed
jesus vergeef ons ons dade
wat satan ons laat doen
amen
31
wedergebore god
voor ons bra jesus
was die pappa god die bra
maar bra onmenslik
'n haiku of twee
32
the matrix
sit en tob
verder op
wie de hel is
god se god
33
die hiërargie van arrogansie haiku
die mens skep vir god
vir god om die mens te skep
en hom te vergod
34
die godroep oproep
wie roep god voor die voet op
vir die pad na sy loon
wie ken god so goed
wie kan god woord vir woord verwoord
35
evangelis vir vis
al glo jy nie in god nie
moet jy glo in godsdiens
dit moet lyk of jy bid
as jy gelowiges se geld
36
die onskuldige gelowige en die geloof van skuld
dis nie die gelowige se skuld
dat hy leuens glo nie
die skuld hoort by diegene
wat willens en wetens
37
die onsekerhede van die ongelowige
ons beskik nie oor die kennis
van wat werklik daarbuite
en everywhere
en oral bestaan nie
38
die perke van god se mag
geloof in god
is nie genoeg
om 'n mens
se goedheid
39
'n goeie punt
die lewe is 'n proses
deug
word in aksies
en intensies
40
wanneer goed goed is
optrede uit vrees vir tug is selfbehoud
egoïsties van aard
goeie dade gedaan
om die hel te vermy
41
die maatstaf van goedheid
as jy wil weet of iets goed is
meet dit aan die liefde
vir jou en jou naaste daarin
as dit een van die twee skaad
42
die evolusie van religie
uit vrees
het ons eers wispelturige gode aanbid
vir beskerming
voedsel en voortbestaan
43
die ragfyn lyn
religie is die waarheid
se vêrlangse agterkleinneef
66.6% gedompel in feite
met goedgevestigde aannames
44
die dans met die waarheid
die woord se werf is wyd
en die bruilof groot
verder versprei
as die heer
45
a
my teïsme
is nader aan ateïsme
as deïsme
god is goed en wel
46
wie weet
as ons eendag dood is
sal ons eie bestaan
vir ons soveel beteken
as wat dit beteken vir god
47
occam's razor
wie of wat
behalwe ons
en god
stel belang
48
'n kerk sonder god
as jy god verloor
wat bly oor
behalwe springbokrugby
biltong
49
oldspeak
is godsdiens 'n gewoonte
wat mense te bang is om te los
want hel
god
50
god en geld oordeel en verdeel
die rykdom van aanbidding
en die aanbidding van rykdom
is alles aardse goed
wat spruit
51
demokrasie en god
as god op aarde wil regeer
stel ek voor hy of sy skryf in
vir 'n verkiesing
en onderteken self die inskrywingsvorm
52
gebed vir vrede vir almal en hul gode
laat elke mens tot sy eie bestaan beperk
waar sy god se magte geld
laat mense
godetuis
53
godpolitiek
wie se god is baas van alles
die wêreld is alreeds 'n krismiskoek
elke stad 'n jerusalem
die gode magteloos in koalisieregering
54
die verganklikheid van die ewige lewe
ons plaas soveel verantwoordelikheid
op die skouers van god
om ons bestaan te verleng
tot
55
god is die mens se sorgetas
die mensdom misbruik god
om sy aakligste kant te regverdig
en hom van die bose te verlos
wat hy die heidene aandoen
56
luister by die raadloos
god praat
amper nooit
oor homself nie
as ons met god praat
57
god
god
god is
god is leuens
in elke taal vertel
58
bekeer my nie
kom jy alleen
en praat saam met my
en los jou heerser van alles
maar by die huis
59
die godlotery
wat is die odds
jy kies die regte god
uit die poel
van al die gode
60
cheat code
vind ego
die gedagte
lewe end in dood
onaanvaarbaar
61
wie is god
soveel gelowe
soveel keer is god
verkeerdelik opgesom
en kop toe gevat
62
die skepper
my vrou
se pa
was 'n dominee
en het haar gereeld
63
ego
die sikh glo
ons is een met god
maar ego neuk dit op
met die illusie
64
bekering
wees genadig met bekerendes
vrywillig moet dit wees
want anders is dit niks
wees jy 'n parate akrobaat
65
lucifer
'n verwarrende vertaling
het jou geskep
uit die môrester
uitge-ekstrapoleer
66
die duiwel
wie weet werklik
wat satan is
satan is alles
wat my in die versoeking lei
67
vir soekende siele op reis
satan is 'n mite
met slegte pr
want waar is sy boek?
sy bybel?
68
waar spook dit
wat maak banger
geeste en gode
of die wetenskap
wat die geheime verklap
69
vader kersfees
daar was 'n tyd
toe ek in kersfeesvader geglo het
en dit was lekker
om aan hom te dink
70
kersfees
om oor die weg te kom
buite die veiligheid
van jou geslote boek
laat twee goed
71
god en die koei
wat as god
god van alles is
en sy liewe koeie
net so lief het
72
die natuur van die mens
om te sien
hoe sterk lande
soos sjina
rusland
73
die strelende effek van struikelende staaltjies
verlos my van die bose
en wankelende waarhede
van die stroopsprekendes
vestig my liefs
74
soeke na waarheid
as jy twee by twee wil tel
met slegs 'n fraksie van 'n syfer
tot jou beskikking
is jou som maar vol gate
75
eksistensiële eensaamheid
behalwe vir ons
ons diere
aliens
en god
76
die pers ballon
ek slaan my oë op
na die wolke in die blou lug
waar die ballon vandaan kom
en oor my kop verdwyn
77
lig vanuit die kombuis
toe en nou
trek op mekaar
in die tyd van die anc
soos in die romeinse ryk
78
gedoem tot perfeksie
ek vind myself
in 'n satoriese oomblik
in die veld
in 'n groot besef
79
eenvoudig vir oulaas
natuur is alles
dis net ons
wat
na mens tuur
80
geloof
daar is mense wat staan vir wat hul sê
omdat hulle werklik daarin glo
dan is daar mense wat dinge glo
wat hulle nie kan verwoord nie
81
hoop
dis eensaam op die mes se punt
veral 'n skerpe wat sny
maar weet daar is hoop
want waarheid is 'n saad
82
liefde
vir jou naaste
vir jou aarde
vir jouself
en die besef
83
die punt
ek vind dit onnodig
om ander te oortuig
van enige van my oortuigings
my gevoel is
Elke gedig het sy eie deelbare bladsy. ·
Lees die volledige boek »
✓ Verstek gestoor