Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 24

die bygebel

kyk
god het snaakse idees
oor slawerny
dis nou as jy glo
die bybel
is honderd persent
korrek
en honderd persent
god se woord
vandag weet goeie mense goed
slawerny is verkeerd
dog toelaatbaar
dus toegelaat
in kwansuis die woord van god
dalk het iewers in die vertaling
van godsgedagte
tot mensgedrukte boek
iets verlore gegaan
het
god werklik
als woord vir woord
so bedoel
of het die skrywer
god
misverstaan
misverwoord
is mens se kop
groot genoeg
om god se denke
klein genoeg te kry
om as geskrewe teks
te versprei
hoe dit ook al sy
in die woord
word die binnevet van die boud
die slaafeienaar toegedig
miskien het die skrywer
god's woord effe verdraai
om vir sy eie slawe te verantwoord
is die "fout" in god se woord
dus die mens se skuld
of is dit geen fout nie
het god slawerny goed gevind
maar net tóé
in bybelse tyd
is god konstant
altyd reg
en reg verwoord
en die moderne mens oorsensitief
vir goddelike brutaliteit
of verander moraliteit
vir god ook
met die tyd
of is die bybel
die mens se boek
wat god opwoord
indien wel dan
die vraag werd
is god
werklik
wat
mense sê
hy is
bybelwets - 'n voetnoothaiku
die woord bevat wet
wat die mens al ontgroei het
die woord bewat vet
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…