Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 36

die onskuldige gelowige en die geloof van skuld

dis nie die gelowige se skuld
dat hy leuens glo nie
die skuld hoort by diegene
wat willens en wetens
versinsels opknoei
en as waarheid
verkondig
goeie mense glo
om te glo
is om goed te doen
want lewenslank
is hul so vertel
onskuldig
sommige verspreiders
van godsdiens
is oningelig dog goed
en by hulle sal jy 'n wêreld sien blom
want goedheid maak goed
ten spyte van god
onskuldig
ander wat weet wat hul doen
god gebied
om vir homself rykdom te skep
met god se mag
sonder 'n oomblik se denke
aan die skade
wat hy aanrig
hy is skuldig
aan bose gees wees
as daar enigsins so iets is
ongeag of
hy daarvoor vervolg word
want ondanks sy oortreding
van die eerste vier
en die negende gebooie
word so 'n mens beswaarlik
verantwoordelik gehou
want op aarde
word so 'n mens geloof
as gevolmagtigde van god
deur mense wat saam skroom
en skuiling soek
teen die gedagte
van 'n gewisse dood
as medegelowige
omdat die illusie van medelye
eensaamheid verbloem
wat hier op aarde
'n tipe vertroosting bied
aan lewendes
want dis slegs terwyl jy lewe
dat geloof enigsins waarde het
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…