Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 37

die onsekerhede van die ongelowige

ons beskik nie oor die kennis
van wat werklik daarbuite
en everywhere
en oral bestaan nie
maar twyfel
in die bestaande verhale
oor gode
pertinent ingeprent
weens toevallige geboorte in 'n volk
van waar god geërf
voortgeplant
en gevleg word
met volksidentiteit
verhinder ons nie
om uit te werk
wat goedheid is
en dit almal te gun nie
ons weet wel
dat vele hard glo
dat hulle die onweetbare
verseker weet
al is hul geloofwaarheid
in direkte teenstrydigheid
met die hardgelowigheid
van die volgende kalant
en nog 'n derde
vierde,
vierduisend
miljoen
en sestig
met dieselfde
of selfs verhewe
selfversekerde kennis
dat hulle die enigste ware punt beet het
alkant omsingel
deur onbewysbaarheid
elke god 'n nommer op 'n loterybal
sterkte met jou keuse
die trekking geskied
met uitskeityd
waarom so bang
om met twyfel te leef
van bloot erken jy weet nie
voor jy die onwaarskynlike
as waarheid aangryp
oor hoeveel vryheid beskik ons werklik
om god te weeg en oorweeg
en aan bewyse te meet
as die skuldlas van godsdiens
volksgewoonte is
by geboorte geërf
van vaders by voorvaders aangeleer
wat lank terug die nageslag
in 'n god in vasbesluit het
wat dit sonde verklaar
om sy woord te betwis
of is dit juis die getalle
van die misleides
wat die valse berusting bring
omdat soveel ander
dieselfde glo
sê my wat is die kantelpunt
wanneer word
spekulasie die waarheid
'n duisend
miljoen
miljard
hoe groot ook al die getal
meer mense glo jy is verkeerd
my geloof is versoenbaar
met elke geloof
ek erken
aanvaar
en weet
vir seker
elke geloof
is 'n geloof
daarteenoor
bied die gekose geloofde geloof
sy gelowige
minder objektiwiteit
oor sy eie geloof
se geloofwaardigheid
tog leef die twyfelende ongelowige
met relatiewe sekerheid
gemeet aan die versekerde gelowige
se onsekerheid
wat hom motiveer
om sy bedenklike geloofsbeleid
te versprei
na selfone wêreldwyd
twaalf môndjies vol
wonder wie
die boodskap
moet ontvang
die sender
of die versuurder
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…