Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 38

die perke van god se mag

geloof in god
is nie genoeg
om 'n mens
se goedheid
te verseker nie
ons bloeddorstigste gelowiges
sou slegte mense gewees het
selfs sonder god
ek vermoed god
word gereeld opgeroep
deur slegte siele
om goeie mense van sin
en geld
te beroof
om hulself deur middel van ander se geloof
in die pound seats in te toor
en daar is niks wat ons
of god
kan doen om die malheid
van alle
mensgemaakte boosheid
stop te sit
wat nie ook
die end
van die mensdom
self
behels nie
want omdat ons slimmer word
word daar elke dag meer god uitgedink
terwyl ons leef
moet ons leer
om te leef daarmee
want dis mens se natuur
om te kompliseer
so versoen jou
met mense
en die gode wat uit hom spruit
fiksie is realiteit
wat die mens mal laat lyk
van buite gekyk
daarom dan hierdie boek
in my praatste taal geskryf
want afsjou is vir willem boshoff
en dis 'n ander ding
hier is ek besig met ondersoek
want dogma het gedagtes
laat insuiker met die koek
as ons waarheid as bestemming kies
is daar stellings wat ons moet toets
soos
gelowig is noodwendig goed
heidens is noodwendig sleg
jy moet behoort
aan my groep
voor jy mag sit
op my stoep
voor ek jou waardig ag
iets soets oor jou roep
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…