Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 42

die evolusie van religie

uit vrees
het ons eers wispelturige gode aanbid
vir beskerming
voedsel en voortbestaan
en die gode was goed
want voort het ons bestaan
vandag toe nog
goed genoeg gevoed
dooie stemme
roep nie na god nie
bedwing nie die mag
van die dag nie
en dinge gebeur
vir elke genaamde god
breek 'n dag aan waarop
haar laaste mens
haar 'n laaste keer
aanbid
stil mense
daar gaan 'n god verby
volkere het gegroei
in alle aspekte
sterker geword
ambisieus
om meer uit die aarde
uit geloof
te wurg
'n kollektiewe ego
'n lewende god
wat saamwoeker
vir 'n ewige lewe
in die voortbestaan
en verspreiding
van volk
ons het die einde van die aarde
so te sê bereik
met die besef dis rond
en so eindig die oneindigheid
van grond
wat 'n groeiende mensdom
vir die hemele laat mik
ontevrede met voortleef
slegs in nageslag
die ego dring aan op
meer lewe vir die ek
lewe
vir die res van alle tye
saam met god
die mens gewillig
om die hemel te deel
met god
as god dit
net om hemelsnaam
sal skep
almal wat vroeër geleef het
wat minder van gode gevra het
wie is die swape nou
julle is vir ewig dood
en ons moderne gelowiges
met ons moderne god
gaan nog elkeen leef
vir 'n ewigheid
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…