Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 43

die ragfyn lyn

religie is die waarheid
se vêrlangse agterkleinneef
66.6% gedompel in feite
met goedgevestigde aannames
soos rosyne
tussenin
hoeveel vertroue hoort ons te hê
in die absolute waarhede
van pouse en priesters
rabbi's en mullahs
wat deur sinagoges
kerke en moskees
beloon word
om heel spesifiek
van mekaar te verskil
presies
waar loop die ragfyn lyn
tussen
religie
en vergesog
wat jy nie durf kruis nie
of jy waag 'n hewige lot
wat het die vaders werklik gedink
wou hul hê ons moet goed wees
of wou hul hê ons moet glo
die sterkste geloof
verlang glo asof dit waar is
erken per definisie
dis moontlik nie
die woord geloof
het vrywaring ingesluit
altyd 'n stukkie naglig
tussen geloof
en die waarheid
ons kan gerus ophou
om te probeer
om mekaar te oortuig
noodsaaklik liewer
dat ons mekaar respekteer
om van mekaar te verskil
almal het elkeen
'n ander pad tot hier gebou
tussen onbetwisbare feite
met onmeetbaar energieë daarin
hoekom wil almal
almal loop staan en red
gaan loop liewer buite
komplimenteer die buurman
op sy tuin
want sy vreemdste verhale
is ook
met sy eie
heilige skoonhede
geseën
boonop
vriendskap
is heelwat meer gesellig
as reg wees
alleen
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…