Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 44

die dans met die waarheid

die woord se werf is wyd
en die bruilof groot
verder versprei
as die heer
se genade
soos water
in 'n sondvloed
elke krakie ingesypel
dat selfs die klippe geverfde verse uitroep
in krugersdorp
dat geen mens verlore mag gaan
sonder om te weet
van god se goed
wat jou met hel beboet
en dis reg
dat jy sleg voel
jy wat wil korrigeer
wat mense glo
want wie is die ware doos
satan en sy bedenklike bestaan
of jy wat ouma
op haar oudag
die twyfel injaag
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…