Hoofstuk 50
god en geld oordeel en verdeel
die rykdom van aanbidding
en die aanbidding van rykdom
is alles aardse goed
wat spruit
uit die natuur
van menswees
en die aanbidding van rykdom
is alles aardse goed
wat spruit
uit die natuur
van menswees
wie mammon geseën het
word die gouste op aarde
vergewe
want dis god
se onbetwisbare plan
dat dit goed met hom gaan
word die gouste op aarde
vergewe
want dis god
se onbetwisbare plan
dat dit goed met hom gaan
dis as ons leef
met die aanname
dat die rykdom ter sprake
binne die perke
van ons hoë
etiese standaarde
bekom is
met die aanname
dat die rykdom ter sprake
binne die perke
van ons hoë
etiese standaarde
bekom is
maar wil ons glo
god is slegs almagtig
en aandadig
aan alle goeie dinge
die res is
die doen en late
van satan
god is slegs almagtig
en aandadig
aan alle goeie dinge
die res is
die doen en late
van satan
watter les leer ons van god
wat ook die heiden
loop staan en verryk
wat ook die heiden
loop staan en verryk
hoekom god betwis
deur 'n ryk man
se moraliteit te bevraagteken?
liefs jy vergewe, vergeet
voor jy die eerste steen werp
met al daai vingers
wat na jouself toe terugwys
deur 'n ryk man
se moraliteit te bevraagteken?
liefs jy vergewe, vergeet
voor jy die eerste steen werp
met al daai vingers
wat na jouself toe terugwys
wie durf homself aanstel
om ander se goedheid te meet
soos regters, geleerd
wat juis moet weet
wat is reg, wat is wet
en wat is verkeerd
deur heersers aangestel
dus die stemgeregtigdes
wat oordeel
of hoe?
of
voorbarig van my
aan te neem
almal leef
in demokrasie?
gebore in 'n outokrasie?
sorrie
om ander se goedheid te meet
soos regters, geleerd
wat juis moet weet
wat is reg, wat is wet
en wat is verkeerd
deur heersers aangestel
dus die stemgeregtigdes
wat oordeel
of hoe?
of
voorbarig van my
aan te neem
almal leef
in demokrasie?
gebore in 'n outokrasie?
sorrie
universele regverdigheid
bestaan nie
die universum
kies nie kant nie
dis volmaak soos dit is
dis nie reg of verkeerd nie
dit is
dis al
bestaan nie
die universum
kies nie kant nie
dis volmaak soos dit is
dis nie reg of verkeerd nie
dit is
dis al
oordeel spruit
uit perspektief
uit perspektief
daar is geen oordeel so fel
as die van ek en jy
altwee altyd aan die besluit
wat is die beste
vir my?
my behoud?
en my mense?
waar trek jy die grense
om ander te wys
wie is jou mense?
jou familie?
jou volk?
jou land?
jou provinsie?
jou kleur?
jou god?
jou klas?
of is dit die mensdom
van wie almal een is?
of ag jy alle diere
van wie jy maar een is?
of is jy 'n sout van die aarde
'n biologiese wonder
uit chemie gegis?
as die van ek en jy
altwee altyd aan die besluit
wat is die beste
vir my?
my behoud?
en my mense?
waar trek jy die grense
om ander te wys
wie is jou mense?
jou familie?
jou volk?
jou land?
jou provinsie?
jou kleur?
jou god?
jou klas?
of is dit die mensdom
van wie almal een is?
of ag jy alle diere
van wie jy maar een is?
of is jy 'n sout van die aarde
'n biologiese wonder
uit chemie gegis?
die heelal is in rus as daar chaos is
ons is ook kos
vir die lewe wat kom
ons word verbruik
in die wordingsproses
ons is ook kos
vir die lewe wat kom
ons word verbruik
in die wordingsproses
so nietig is ons
geslaan met besef
dat ons 'n realiteit skep
waarin god in ons glo
sodat ons meer kan wees
as mos op 'n klip
geslaan met besef
dat ons 'n realiteit skep
waarin god in ons glo
sodat ons meer kan wees
as mos op 'n klip
sou ons eendag sterwe
om
ewig te leef
ewig te leef
ewig
te leef
e
w
i
g
bewus te wees
om
ewig te leef
ewig te leef
ewig
te leef
e
w
i
g
bewus te wees
so leef klink lank
veral in die middel
ons het geen benul
van hoe lank 'n duisend jaar
se lewe sal voel nie
en dis maar 'n dag
probeer veertien miljard
of as jy insist
ses duisend jaar
'n bybelse ewigheid
tot dusver
hoe oud voel jy nou
daar waar jy is
veral in die middel
ons het geen benul
van hoe lank 'n duisend jaar
se lewe sal voel nie
en dis maar 'n dag
probeer veertien miljard
of as jy insist
ses duisend jaar
'n bybelse ewigheid
tot dusver
hoe oud voel jy nou
daar waar jy is
dis onmenslik lank
te ver
ons sê ons soek dit
maar dis als net 'n klug
trap terug
terug oor die streep
oogklappe af:
te ver
ons sê ons soek dit
maar dis als net 'n klug
trap terug
terug oor die streep
oogklappe af:
enige rykdom wat kan
word in hierdie lewe verdien
word in hierdie lewe verdien
lewe is die wenpaal
die dood maak
die dood maak
wenners
en verloorders
gelyk
dis net hier
onder ons
waar die gedagte van die skeiding bestaan
tussen sing in die hemel
en snik in die hel
onder ons
waar die gedagte van die skeiding bestaan
tussen sing in die hemel
en snik in die hel
waar die mensdom oopkloof
en verdeel in die
en verdeel in die
ons
met ons godsdiens
gebrandmerk
en al die ander
met hulle godsdienstes
of waarmee ook al andere
hulself opsaal
en sodoende
brandmerk as
anders
gebrandmerk
en al die ander
met hulle godsdienstes
of waarmee ook al andere
hulself opsaal
en sodoende
brandmerk as
anders
die ander
wat die ons uitfok
die ander se seer
te swaar vir die my
die ander se struwelinge
put die ons ook uit
ons wil dit nie sien nie
die grense moet skei
van my en my lekker
en die ander se kak
die ander se seer
te swaar vir die my
die ander se struwelinge
put die ons ook uit
ons wil dit nie sien nie
die grense moet skei
van my en my lekker
en die ander se kak
heer, laat tog die rykes
langs ons kom bly
mammon verlos my
van 'n onskaflike buurt
dat ek in vrede
verbloemend kan bid
vir 'n frontgod
gelowig
vir ewig
en altyd
solank ek lewe
getrou aan jou
mammon
amen
langs ons kom bly
mammon verlos my
van 'n onskaflike buurt
dat ek in vrede
verbloemend kan bid
vir 'n frontgod
gelowig
vir ewig
en altyd
solank ek lewe
getrou aan jou
mammon
amen