Hoofstuk 51
demokrasie en god
as god op aarde wil regeer
stel ek voor hy of sy skryf in
vir 'n verkiesing
en onderteken self die inskrywingsvorm
want al is demokrasie nie perfek nie
is dit die beste wat ons het
en almal wat namens god op aarde preek
oor elke ding reg en verkeerd
het elkeen 'n ander idee
van wie vroom
en wie in sonde leef
stel ek voor hy of sy skryf in
vir 'n verkiesing
en onderteken self die inskrywingsvorm
want al is demokrasie nie perfek nie
is dit die beste wat ons het
en almal wat namens god op aarde preek
oor elke ding reg en verkeerd
het elkeen 'n ander idee
van wie vroom
en wie in sonde leef
vroeër was god selfs
pro-apartheid gewees
of dalk is god nog steeds
pro-apartheid gewees
of dalk is god nog steeds
daarom moet ons aandring
as dit by aardse regering kom
dat god liewers self moet kom praat
en as jou naam nie god is nie
hou asseblief jou mond
oor god se wil
stom
as dit by aardse regering kom
dat god liewers self moet kom praat
en as jou naam nie god is nie
hou asseblief jou mond
oor god se wil
stom