Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 55

god is die mens se sorgetas

die mensdom misbruik god
om sy aakligste kant te regverdig
en hom van die bose te verlos
wat hy die heidene aandoen
die mensdom misbruik godsdiens
vir die illusie van moraliteit
die rooi lap van die matador
wat die oog weglei van werklikheid
die mensdom pak sy skuld
op die skouers van god
onthef van verantwoordelikheid
dié wat aan god behoort
se sondes hoort
in die skoot van god
as jy god was
hoe sou jy like
mens bemoei jou heeldag
met sy heel swaarste las
en die goed in die kas
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…