Hoofstuk 73
die strelende effek van struikelende staaltjies
verlos my van die bose
en wankelende waarhede
van die stroopsprekendes
en wankelende waarhede
van die stroopsprekendes
vestig my liefs
in werklikheid
al is die nuus hoe sleg
verkies ek weet
in werklikheid
al is die nuus hoe sleg
verkies ek weet
hoe verder ek afdwaal
hoe harder die slag
as my droompaleis verbrokkel
en al my denkbeeldige skatte
te pletter val
vernietig
op die sementvloer
van realiteit
hoe harder die slag
as my droompaleis verbrokkel
en al my denkbeeldige skatte
te pletter val
vernietig
op die sementvloer
van realiteit