Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 74

soeke na waarheid

as jy twee by twee wil tel
met slegs 'n fraksie van 'n syfer
tot jou beskikking
is jou som maar vol gate
om met kreatiwiteit te vul
en jou standpunt
net soos dogma
'n onbewysbare hipotese
die lewe gun jou n tikkie tyd
om wyer uit te kyk
feite te versamel
tot jy eendag met al daai kennis in jou kop
in elk geval beswyk
aan als gelyk
reg of verkeerd
die lewe en die dood is wreed
aan waarheid gemeet
of sal al ons uitgevonde feite
steeds bly staan
sonder wesens wat weet
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…