Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 8

god, die mier, die mens en natuur

om te dink daar's 'n skeidslyn
tussen natuur en dan jy
is om aan godheid te ly
en jouself te misken
al verbrand die velde
woude ontbos
verdor die aarde
natuur bly blos
hetsy woestyn of moeras
mens is natuur
al rebelleer hy daarteen
met tegnologie
van geboue en steen
bly mens maar mier
alhoewel merkbaar modern
waar mens skei van mier
hoe meer mier
hoe mooier natuur
teenoor die mens
in staat
om homself te ontdoen
natuur sal floreer
met of sonder mens darwin
die antieke mier sal weer oorwin
alles vroeër deur mense bewoon
en god?
waaroor sal god dan besin?
sal god saam met die mensdom verdwyn?
of sal god bly om na die mier om te sien?
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…