Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 82

liefde

vir jou naaste
vir jou aarde
vir jouself
en die besef
dat liefde wat jy ontvang
vermeerder
as jy liefde in jou het
vir die alles
want dis al wat is
en liefde vir die liefde self
want as liefde heers
sal ons
wat van liefde
afhanklik is
fine wees
liefde is
die vuur
vir die lewe
van als wat is
ons het dit
want natuur
beskik daaroor
en ons is natuur
dat waterstof
helium word
is liefde
wat atome voed
as dit is
wat god is
dan is god
want
liefde is
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…