Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 83

die punt

ek vind dit onnodig
om ander te oortuig
van enige van my oortuigings
my gevoel is
natuur is reeds perfek
soos dit is
ongeag ons gevoelens
oor hoe ons dit anders
sou wou hê
my sienings is gesprekke
wat ek voer in my kop
omdat my gaste
so ver vasgekluister
in hul eie huise sit
dalk slegs neergepen
soos ek gesê het
om myself te oortuig
jy wat gebly het
tot hier
dankie
ek oordryf as ek sê
die woorde het my
van 'n gewisse besetenheid gered
hoop dat jy ook
'n waarde daaruit geput het
miskien hou jy min van wat ek sê
in welke geval
slaan seblief hierdie boek toe
voor jy by hierdie punt uitkom
ek vermoed jy het my
alreeds voorgespring
en nog nooit
hierdie boek beblaai nie
nie eers opgedaag
om hierdie gedagtes te kontempleer nie
hierdie woorde doodluiters
agtergelaat
geïgnoreer
en goed gefunksioneer daarsonder
soos almal anders
wat weggebly het
om die boom
ongesiens
op sy eie
in die woud
nie te hoor val nie
hierdie is immers
die onpopulêre opinie
ek skryf nie hierdie
om snaaks te wees nie
dis wat ek werklik glo
want
selfs die ongelowige
glo in iets
📖

Einde van die Boek

Dankie dat jy Taboek gelees het.

📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…