Taboek
Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie.
– Koos Kombuis
Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.
– Dana Snyman
Met ’n Taboek oor god lewer Riku Lätti ’n speelse pleidooi vir die aanvaarding van alles wat is omdat dit is.
– Danie Marais
– Koos Kombuis
Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.
– Dana Snyman
Met ’n Taboek oor god lewer Riku Lätti ’n speelse pleidooi vir die aanvaarding van alles wat is omdat dit is.
– Danie Marais
Hoofstuk 1
die onpopulêre opinie
hierdie boek is vir niemand nie
die mense wat hierdie boek nodig het
gaan dit nie lees nie
die mense wat hierdie boek gaan lees
het dit nie nodig nie
die mense wat hierdie boek nodig het
gaan dit nie lees nie
die mense wat hierdie boek gaan lees
het dit nie nodig nie
tog ag ek dit nodig
om vir die rekord neer te pen
my onpopulêre opinie
sodat niemand aanneem
ons is een, eens of eenders nie
al is ons een, eenders en alles
verskil ons
om vir die rekord neer te pen
my onpopulêre opinie
sodat niemand aanneem
ons is een, eens of eenders nie
al is ons een, eenders en alles
verskil ons
wie is ons
wat is alles
wat is alles
hierdie is die anderkant
een keer gesê
omdat die stilte gepraat het
toe ons opgehou het
een keer gesê
omdat die stilte gepraat het
toe ons opgehou het
geleentheid
tyd
tyd
om na binne te kyk
neer te tik
uit my hart
en kop
idees onopgelos
onomgedop
bloot oopgesluit
om van nader te bekyk
vir as ons weer praat
ons sekere dinge ongesê kan laat
sodoende penaries ontwyk
wat stilte afdwing
neer te tik
uit my hart
en kop
idees onopgelos
onomgedop
bloot oopgesluit
om van nader te bekyk
vir as ons weer praat
ons sekere dinge ongesê kan laat
sodoende penaries ontwyk
wat stilte afdwing
moeilikheid
moeilik
om te vermy
maar moeite werd
om uit te stryk
vir die beste weg
na 'n langtermyn toekoms
vir ons almal se kinders wat
agterbly
moeilik
om te vermy
maar moeite werd
om uit te stryk
vir die beste weg
na 'n langtermyn toekoms
vir ons almal se kinders wat
agterbly