1. Daar is wel ’n ideologiese projek
Die ANC beskryf homself uitdruklik as ’n beweging wat die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) nastreef. Sy dokumente sê die doel is om die politieke, ekonomiese en maatskaplike struktuur wat van apartheid geërf is, te transformeer, insluitend die verandering van eiendomsverhoudinge en die gee van ’n sentrale rol aan die staat in transformasie.
Alhoewel die vorige stelsel op so ’n wyse ontwerp was dat dit enige sosiale, politieke en kulturele samestelling kon bevoordeel.
En die huidige ANC-materiaal is merkwaardig eksplisiet.
Sy 2025 NGC-materiaal beskryf die NDR steeds as die sentrale strategiese projek, praat van die ANC se “revolusionêre” rol en sê dat die weg na sosialisme met die nasionale demokratiese revolusie verbind word.
2. Korrupsie het die ideologiese projek oorgeneem
Die beoogde model was rofweg:
ANC-politieke leierskap
?
sterk ontwikkelingstaat
?
staatsbesit van strategiese nywerhede
?
ekonomiese transformasie
?
groter deelname/eienaarskap deur histories benadeelde Suid-Afrikaners
?
verminderde ongelykheid
Dit is eintlik ’n samehangende politieke filosofie, of ’n mens daarmee saamstem of nie.
Die probleem is dat jy ’n buitengewoon bekwame staat nodig het om dit uit te voer.
In plaas daarvan het Suid-Afrika ontwikkel:
politieke aanstellings
?
swak aanspreeklikheid
?
verkrygingsnetwerke
?
politieke patronaatskap
?
agteruitgang van staatsbeheerde ondernemings (SOE’s)
?
finansiële krisis
?
agteruitgang van infrastruktuur
?
dalende openbare vertroue
Die Zondo-kommissie se werk het uitgebreide getuienis van staatskaping, korrupsie en die afleiding van openbare hulpbronne gevestig.
En die Ouditeur-Generaal vind steeds presies dieselfde simptome.
In die jongste nasionale/provinsiale beoordeling het instellings wat verantwoordelik is vir ongeveer R2 triljoen, oftewel 91% van uitgawes, volgens die Ouditeur-Generaal steeds gesukkel met infrastruktuurbestuur, kontraktoesig en uitvoering.
Wat infrastruktuurprojekte spesifiek betref, het die AGSA probleme gevind in 89% van die 152 projekte wat deur die Ouditeur-Generaal ondersoek is.
Dit is nie bloot ’n ideologiese probleem nie.
Dit is ’n probleem van staatskapasiteit.
3. Die ongemaklike moontlikheid
Die ANC het vasgevang geraak in ’n terugvoerlus.
Aanvanklik:
“Ons moet die staat transformeer.”
Dan:
“Ons het mense nodig wat die transformasieprojek binne die staat ondersteun.”
Dan:
“Politieke lojaliteit word belangrik by aanstellings.”
Dan:
“Daardie aanstellings verswak professionele administrasie.”
Dan:
“Die staat word minder bekwaam.”
Dan:
“Ons het selfs meer politieke beheer nodig om transformasie te verseker.”
En die siklus herhaal homself.
Dit is wat gebeur wanneer politieke beheer belangriker word as institusionele bekwaamheid.
En interessant genoeg erken die ANC se eie dokumente die gevaar. Sy 2025 NGC-besprekingsdokument sê uitdruklik dat korrupsie en swak dienslewering bygedra het tot die delegitimering van die ANC se transformerende projek.
Dit is ’n taamlik buitengewone erkenning.
4. Waarom maak hulle dit nie eenvoudig reg nie?
Omdat die regstelling van die staat sommige van die politieke strukture wat rondom die staat ontwikkel het, sou bedreig.
Stel jou ’n volledig geprofessionaliseerde regering voor:
• aanstellings uitsluitlik op grond van bekwaamheid
• deursigtige verkryging
• onafhanklike rade
• mededingende tenders
• streng gevolge vir korrupsie
• ’n polities neutrale staatsdiens
• onafhanklike bestuur van staatsbeheerde ondernemings
• geen politieke inmenging nie
Dit is uitstekend vir Suid-Afrika.
Maar dit verminder ook die politieke waarde van die beheer van die staat.
En dit is die fundamentele spanning.
Die ANC se historiese dokumente sê uitdruklik dat die beweging die staatsmasjinerie moet transformeer en strategiese beheer oor staatsmag moet behou as deel van die NDR.
Daar is dus ’n filosofiese verskil tussen:
“Die staat behoort aan die burgers.”
en
“Die staat is die belangrikste instrument waardeur die politieke projek geïmplementeer word.”
Die ANC se historiese denke is baie nader aan die tweede formulering.
Dit skep ’n strukturele risiko van politisering van instellings.
5. Die Marxistiese vraag
Daar is ’n werklike historiese verband:
ANC ? NDR ? Driesydige Alliansie ? SAKP ? sosialisme
Die ANC se eie dokumente sê uitdruklik dat die NDR nie self ’n sosialistiese revolusie is nie, maar dat die nasionale demokratiese projek toestande skep waarin sosialisme later kan ontwikkel.
As iemand dus sê:
“Daar is absoluut geen sosialistiese strategiese denke enige plek in die ANC nie.”
Dit sou verkeerd wees.
Dit is aantoonbaar teenwoordig.
Maar daar is ’n ewe belangrike fout aan die ander kant:
“Alles wat die ANC doen, is doelbewus daarop gemik om kapitalisme te vernietig en kommunisme te installeer.”
Die ANC praat tans breedvoerig oor private belegging, ekonomiese groei, infrastruktuurbelegging, vennootskappe met die sakewêreld en ’n gemengde ekonomie. En tog is die ANC so deurtrek van gangsterisme dat hy nie sy eie program kan uitvoer nie.
En iets baie onthullends het onder Ramaphosa gebeur.
Wat is dan volgens my die “eindspel”?
As ek die retoriek wegneem en na die historiese dokumente en die gedrag kyk, sou my interpretasie wees:
Die oorspronklike strategiese visie
Politieke bevryding ? transformasie van die staat ? ekonomiese transformasie ? herverdeling ? swart ekonomiese bemagtiging ? ontwikkelingstaat ? groter ekonomiese gelykheid.
Dit is werklik.
Wat in die praktyk gebeur het
Transformasie + politieke patronaatskap + korrupsie + swak instellings + faksionalisme + onvoldoende vaardighede + staatskaping
het gelei tot:
swak staatskapasiteit + agteruitgaande infrastruktuur + falende SOE’s + swak dienste + dalende investering + werkloosheid.
En toe het die politieke stelsel vasgevang geraak: dit probeer die gevolge van sy eie model herstel terwyl dit terselfdertyd die model se politieke doelwitte probeer behou.
Dit is die paradoks.
En ek dink nie “onbevoegdheid” is die hele antwoord nie
Sommige mense in die ANC is duidelik hoogs bekwaam.
Die interessanter vraag is:
Waarom produseer ’n politieke organisasie wat bekwame mense bevat herhaaldelik onbevoegde instellings?
Dit is ’n institusionele vraag eerder as ’n vraag oor intelligensie.
En my antwoord sou wees:
Die aansporings is verkeerd.
As ’n politikus groter politieke voordeel trek uit:
die beheer van ’n aanstelling
as uit:
die aanstelling van die mees bekwame persoon vir die pos,
dan kies die stelsel uiteindelik vir politieke lojaliteit.
As ’n kontrakteur groter voordeel trek uit:
politieke verbindings
as uit:
doeltreffendheid,
verswak die verkrygingstelsel.
As ’n SOE-raad gedeeltelik op grond van politieke oorwegings eerder as kommersiële bekwaamheid aangestel word, verswak die maatskappy geleidelik.
En sodra genoeg daarvan gebeur, raak bekwame mense vasgevang binne ’n onbevoegde stelsel.
Is daar ’n groter ideologiese projek?
Ja. Beslis. Die NDR- en transformasieprojek is werklik en uitdruklik gedokumenteer.
Is dit fundamenteel Marxisties?
Gedeeltelik beïnvloed deur Marxistiese/sosialistiese denke.
Kan sommige politici voordeel trek uit institusionele swakheid?
Absoluut.
Die ANC se grootste bedreiging is dalk nie eintlik kapitalisme, Amerika, die DA of selfs die opposisie nie. Dit kan die gevolge wees van sy eie langdurige transformasiestrategie wat met patronaatskap en institusionele verval in wisselwerking tree.
“Maar hoekom kan die Afrikaner net nooit saamstaan nie?” Dit is ‘n vraag wat ek al uit soveel oorde moes hoor of lees. Gewoonlik is dit ‘n retoriese vraag en die gesprek stop gewoonlik net daar en dan of beweeg vinnig genoeg aan na die rugby toe of ‘n stoute grappie word vertel, want wie wil vir ewig mislukkings kontempleer?
Maar laat my toe om met my geskiedeniskennis vol gate ‘n eerlike antwoord op daai vraag te waag. Daarvoor moet ons begin by wat word bedoel met “Afrikaner”. Dis ‘n gelaaide vraag, maar as ons eerlik is sal ons meeste van ons erken dat met “Afrikaner” word bedoel “wit, Afrikaanssprekendes, wat Sondae na ‘n Calvinistiese kerk toe gaan”. volgens https://www.afrikanerbond.co.za/ik-ben-een-afrikaander---junie-2022)
Net met daai definisie het jy my een en ‘n half keer verloor. Een: ek gaan nie Sondae na ‘n Calvinistiese kerk toe nie, en twee, helfte van my familie is nie wit nie.
Maar met so eng definisie van Afrikanerskap is daar positiewes om weg te neem. Dit lyk (vir baie Suid-Afrikaners) of die Afrikaner tog goed bymekaar staan gemeet aan die homogeniteit van die bevolkingsdemografie van Afrikanerbyeenkomste. So wat is die probleem? Al word gesê die Afrikaner kan nie saamstaan nie, is dit duidelik dat hy baie suksesvol saamdrom?
Die probleem vir die Afrikaner is dat daar wit Afrikaanssprekendes is wat nie Afrikaner genoem wil word as die definisie so eng toegepas word nie. As “Afrikaner” nie ook my bruin broers en susters insluit nie, is ek nie ‘n Afrikaner nie, of te wel, as my naaste nie partytjie toe mag kom nie, sal ek nie gaan nie.
Dan hoor ek weer daai stem in die bar op facebook: “Sien dis hulle, daai donnerse Afrikaanse liberaliste wat nie saam met ons kan staan nie! Volksverraaiers!” Meantime is dit hul eie definisie van Afrikanerskap wat die oorgrote meerderheid van Afrikaanssprekendes uit hul bende sluit. Die ego van die Afrikaner kan nie duld dat daar wit Afrikaanse mense is wat sê “ons is nie almal so nie”*.
* dankie Jeanne Goosen
Wat mens wel nie kan ignoreer nie, is die sukses van die Afrikaner, asook die voordeel wat die nie-Afrikaner uit die sukses van die Afrikaner put. Die dinge wat die Afrikaner bou, is ook ten bate van mense wat nie Afrikaners is nie. Die slaggate wat Afriforum vul is nie net vir die bakkies van wit boere nie. Akademia Universiteit gaan geleerdes oplewer wat werk lewer ten bate van almal in Suid-Afrika, nie net wit Afrikaanse mense nie.
Ons grondwet verdedig almal se reg om te assosieer met wie sy wil. Daarom kan ons gerus maar kalmeer en vrede maak met die feit dat die Afrikaner so te sê net met homself wil assosieer. Dis sy volste reg. Die noue bande wat Afrikaners met ander Afrikaners het is benydenswaardig. Ek wens partykeer die res van SA was so lief vir mekaar soos wat die Afrikaner homself liefhet.
Uit hierdie liefde vir homself kom ‘n trots, ‘n volkspatriotisme wat soms handuit kan ruk en ideaal gesproke ‘n bietjie introspeksie verlang, of indien dit nie van binne gebeur nie, ‘n tempering van buite benodig. Soos wanneer die “ons” so cool word dat daar neergekyk word op die ander. Kortom, saamwees is bak, supremisme is minder bak.
Wanneer hierdie ultra-patriotisme die oorhand kry, is wanneer die onmin tussen gemeenskappe ontstaan. Dis wanneer “volksidentiteit” as ‘n wapen aangewend word om as ‘n groep bevoordeel te word ten koste van ander gemeenskappe wat nie dieselfde vermoë het om saam te staan nie.
Dan gebeur goed soos die teenkanting van opheffing van ander gemeenskappe in die naam van nie-rassigheid” terwyl dit juis die rassigheid van die geskiedenis wat hierdie groep in die magsposisie sit om opheffing so sterk teen te kan staan.
Dis die gesiene wynboer op die land wat die loon van die bruin werker slaafslaag hou, die water van die mense kan afsny, taaiklappe kan uitdeel en uitskel in ongrondwetlike taal. Terwyl die gesiene boer die lof ontvang in gesiene sirkels vir die opbouingswerk wat hy vir die Afrikaner verrig, kweek hierdie selfde aksies onmin, haat en vyandigheid teenoor die Afrikaner tussen die ongesiendes.
En omdat die stemme van hierdie ongesiene gemeenskappe selde gehoor word, is dit met verbasing dat die Afrikaner elke nou en dan uit die monde van mense met kwaai kyke in die oë moet hoor dat die Afrikaner nie die mees geliefde groepering is onder ander Suid-Afrikaners nie.
Dan gaan nie help om die laers te probeer groter trek en die verraaiers, die Afrikaanse liberaliste te probeer paai om te bekeer en terug te keer na die res van die Afrikaners toe nie. Teen die tyd is dit al duidelik vir die res van Suid-Afrika dat “ons nie almal so is nie”. Daar is wel baie wit Afrikaanses wat tuis voel in gemengde SA wat nie presies so tuis voel onder net Afrikaners nie.
Die res van SA weet reeds daar is Afrikaners wat nie in die eng definisie van Afrikaner inpas nie en selfs distansieer van dáái tipe Afrikaners wat herken word vir wie hulle is wanneer hul houding afdwing en baasskap proklameer en terselfde tyd ander mense minag. Ware bekering kan nie onder dwang plaasvind nie. As jy wil vriende maak, is daar ander maniere.
Die goeie nuus is daar is reeds in SA onder alle geledere ‘n bewussyn van die voortreflikheid van die Afrikaner. Daar is reeds swart mense in Suid-Afrika wat in mooi Afrikaans sal kan erken dat daar wit mense is wat waarde toevoeg tot die gemeenskap en hul lewens. Alreeds.
Die oplossing vir beide die probleme in die land, sowel as die moeilikheid met Afrikaneridentiteit, is myns insiens voordiehandliggend.
Ons moet onthou dat vir meeste mense in die land is die ANC die heel beste regering wat hulle nog ooit geken het. Hulle weet nie wat dit is om iets beter as die ANC te hê nie, want die vorige regerings het nie in hulle belange opgetree nie. Geluk by die ongeluk van die ANC is dat die ANC nou al 30 jaar gehad het om te wys hoe sleg hulle is. Die resultaat is ‘n merkwaardige daling in verkiesingsopkoms, van 86% in 1994 tot 66% in 2019. Daar is amper 40% van ons bevolking wat nie voel dis die moeite werd om te gaan stem nie.
Ek sien ‘n geleentheid hierso. In plaas van die Afrikaner veg onder mekaar om wit stemme te werf, herdefinieer die Afrikaner haarself as Afrikaanssprekende van Afrika. Gaan praat dan met alle mense as gelykes. Geen meer skaamte oor die geskiedenis nie, want die geskiedenis bepaal nie meer wie die groep is nie. Die hede doen.
Daar is tog op die ou end meer van ons wat saamstem oor wat ‘n goeie lewe is. Net so is daar baie onwit mense wat ook lief is vir Afrikaans. Gaan tel al daai verlore stemme van die vloer van vergetenheid op en bou saam om ‘n groter, magtiger groep te wees met een stem uit baie monde vanuit baie oorde.
Maar solank as wat Afrikaner net wit mense beteken, gaan die aansien van die Afrikaner aanhou kwyn en sal hy nooit volkome van die vyandigheid teenoor hom kan ontslae raak nie.
So belangrik soos identiteit is, net so onbelangrik is dit. Die “Nie in my naam”-beweging van ’n groep Progressiewe Afrikaners (PA) het juis tot stand gekom omdat die Konserwatiewe Afrikaner (KA) totale eienaarskap van die term “Afrikaner” wou toe-eien deur die valse narratief te dryf dat spesifiek Afrikaners om rasredes uitgemoor word.
Was dit nie om die definisie van die woord “Afrikaner” nie, sou die “Nie in my naam”-beweging nooit bestaan het nie. Dit klink so voor die hand liggend dat dit amper onnodig is om te sê. Maar klein waarhede het groot gevolge.
Vir ’n liggaam om ’n groen trui te dra, soos die Springbokke, is belangrik. Op die einde van die dag, om Naas aan te haal, het net een span met een identiteit die Wêreldbeker gewen. Geen opinie, binne of buite daardie span, kan die feite van die dag verander nie. Die Springbokke is die onbetwisde wêreldkampioene. Soos een man sou hulle vir Rassie inval om vir die ganse SA die beker te wen. Maklik, elegant is identiteit as almal een is.
Dat plaasmoord as uitverkore moord bestempel moet word, het iewers onder die Konserwatiewe Afrikaner (KA) ontstaan, en daar is bewyse dat dié gedagte deur AfriForum aangeblaas en gepropageer is. Weereens is dit nodig om ’n voor die hand liggende feit uit te wys: dat plaasmoord, grusaam en betreurenswaardig soos dit is, nie ’n aanduiding is dat daar in Suid-Afrika ’n beleid of veldtog bestaan om spesifiek Afrikaners uit te moor vir hul wit vel nie.
Daar is moontlik van die moorde wat geïdentifiseer kan word as gemotiveer deur velkleur. Suid-Afrika het steeds nie sy rasseprobleme opgelos nie, so natuurlik gebeur sulke moorde. Maar net so is daar vandag nog voorvalle van wit mense wat swart mense om presies dieselfde redes vermoor, en niemand sal daardie enkele voorbeelde gebruik om te argumenteer dat daar ’n volksmoord deur wittes teen swartes gepleeg word nie. Selfs die getalle is nie in die volksmoord-argument se guns nie. Op Soweto-dag is meer swart mense vermoor as in tien jaar se plaasmoorde.
Die hartseer vir die KA is dat die PA, klein soos hul groepie ook al is, die KA die reg ontneem om die term “Afrikaner” te gebruik om hul wit-volksmoord-narratief te dryf. En dis juis omdat die PA so ’n klein groep is dat dit die KA so ontstel. Hoe kan so ’n noemenswaardig klein groep die mag besit om die oorgrote meerderheid se opinie (of emosie) se legitimiteit so te verwoes?
Wat het geword van “Soos een man sal ons vir jou val”? Die PA verraai mos nou die Afrikaner, volgens die KA. Dis asof al die Sprinbokke vir SA uitdraf, behalwe Willie le Roux se wit broek speel vir die Engelse span. En, gemeet aan die kommentare op die blaaie, is dit die grootste misdaad sedert Piet Retief vermoor is.
In die oë van die KA is die PA die kankergewas binne die Afrikaner—die gedeelte van die liggaam wat die geheel ondermyn. Daarom die vyandigheid jeens hierdie klein minderheid. Daarteenoor is die KA vir die PA die kanker in die groter prentjie van ’n demokratiese SA.
Ons is dus nou in ’n Afrikaner-konfrontasie, en niemand durf waag om sy oë van die ander te haal nie. Intussen het die krieketseisoen al vir die res van die wêreld begin, om nog ’n bietjie krag uit die kolonialistiese sportmetafoor te wurg.
Die deurbraak na helderheid kom wanneer ons na die definiëring van die woord “landsverraaier” kyk. Tydens die 1992-referendum is die PA’s gesien as die landsverraaiers wat die land aan swart mense sou oorhandig. En Kerkorrel het gesing in BMW: “Moet ons alles dan verniet weggee?”
Vandag sit die Afrikaner steeds met ’n disproporsioneel groot hoeveelheid land en welvaart in SA. Die PA’s is nou herdefinieer as “volksverraaiers”, terwyl die KA’s, as’t ware, beter pas onder die definisie “landsverraaier”, aangesien daar onder daardie geledere duidelik meer lojaliteit bestaan vir Orania, Amerika (en selfs Israel) as vir Suid-Afrika.
Dit is dus ironies dat die KA’s nog so aandring om Die Stem by hul saamtrekke te sing, want hulle deel duidelik nie meer die sentiment van die woorde “ons vir jou, Suid-Afrika” nie. Ons kan om die feite wals, of ons kan erken dat dit die dawerende terughunkering na apartheid is—die verlange na ’n ondemokratiese SA waar die wit man heers met die wil en stempel van God, soos deur hulself uiteengesit. Dit verklaar ook die lojaliteit teenoor Israel (die wêreld se mees suksesvolle apartheidstaat), selfs terwyl Israel ’n volksmoord pleeg wat hulle, ironies genoeg, ontken.
Die KA’s en die PA’s staan weerskante van ’n groot kloof en skree in die ooptes na mekaar. Dis juis hier waar die kranse antwoord gee. Elke groep aan elke kant hoor net die boodskap in die eggo wat hy kies om uit die lawaai te hoor.
Dis hier waar ons definisies ons toetentaal in die steek laat. Nie die KA of die PA is ’n homogene groep nie. Daar is radikales en gematigdes aan alle kante. Ook kan mense wat liberaal is op sekere gebiede, as erg konserwatief op ander bestempel word. Byvoorbeeld: ’n liberaal wat erken dat apartheid ongelooflike skade aan swart mense se kanse op welvaart aangerig het, maar wat terselfdertyd konserwatief staan om te keer dat welvaart vandag herverdeel word. “Dit sal die mark in duie laat stort as ons vandag besluit dat eiendom niks meer beteken nie,” redeneer my denkbeeldige liberale karakter. Nie alle liberales is kommuniste nie. En nie alle liberales het swart vriende nie. Daarteenoor is daar talle KA’s met heelwat meer betekenisvolle kontak met swart mense op voetsoolvlak as sommige PA’s in tuis-ingerigte ivoortorings.
Daarom is dit nodig dat ons weer na ons definisies kyk en bepaal tot watter mate dit ons dien, en tot watter mate dit ons verdeel. En is die bediening die verdeling werd?
Ons verloor mekaar se medemenslikheid as ons eers ’n definisie is voordat ons mense is. Baie van hierdie definisies word so ferm en onwillig op mense afgedwing dat die definiëringsproses mense verder van mekaar vervreem as wat hulle werklik is.
Kyk byvoorbeeld hoe goed die anonimiteit van toevallige ontmoetings in die publiek werk. Hoe minder ons van ’n persoon se politieke identiteit weet, hoe groter is die kans op vriendelikheid. Ongeag die groot ideologiese kloof tussen mense, bly daar ’n kans vir medemenslikheid, en kan kontak selfs brue bou vir ’n avontuurlustige groep wat wil sien hoe die wêreld buite sy eie lager lyk.
Natuurlik sal daar mense wees wat standvastig aandring op die behoud van hul standpunt über alles. Jy gaan nooit almal kan oortuig om gemeenskaplike grond te betree nie, maar net so gaan jy min bereik as jy nie beleefd met mense buite jou bende kommunikeer nie.
Tans gaan die wêreld gebukkend onder swak leierskap. Goeie mense in Suid-Afrika sukkel onder die swak ANC-regering. Net so is daar goeie mense in Israel en Amerika wat, ondanks swak leierskap, steeds ’n bestaan moet voer en ’n lewe wil lei waarop hulle trots kan wees. Net so is daar ook mense binne die geledere van AfriForum en Solidariteit wat die goeie gemeenskapswerk en geleenthede waardeer, maar nie met die raspolitiek van Afrisol saamstem nie. Die huidige Afrisol-leierskap dwing egter mense om die raspil te sluk in ruil vir die ekonomiese en maatskaplike bemagtiging wat Afrisol bied.
Nie elke lid van AfriForum en Solidariteit is verantwoordelik vir hul organisasies se politieke standpunte nie—net soos nie alle Suid-Afrikaners met die regering saamstem nie, en net soos nie alle Springbokke noodwendig met alles saamstem wat Rassie doen nie. Daarom is dit nodig om te erken dat ’n term wat jou definieer, maar net ’n baadjie is wat jy kan aan- en uittrek. Die ware identiteit van wie ’n individu is, is veel meer as die klere wat hy of sy dra. As ons dit onthou, kan ons mekaar in die oë kyk, ongeag die verskillende baadjies wat ons dra.
My hoop vir SA is dat ons as land, ten spyte van ons verskille, almal vir dieselfde span sal skree—en ja, die afrigter, hetsy die ANC, Erasmus of wie ook al, met die nodige respek sal uittrap waar dit moet—maar nie die land sal verraai wanneer ons verskil nie, deur by die All Blacks of Amerika aan te sluit.
Ons pad na ’n beter toekoms loop deur demokrasie. Ons moet, as land, die ANC uitstem, en dit is besig om te gebeur. Net so sou dit gesond wees as elke party en/of organisasie ontslae kan raak van leierskap wat nie die meerderheid van sy mense se waardes deel nie. Dit is moontlik om van swak leiers in elke gemeenskap ontslae te raak. Maar daarvoor is kommunikasie nodig—die soort kommunikasie wat nie die rug verstyf en die toks dieper trap om harder terug te druk nie, maar kommunikasie wat toorn verlaag en die hand uitreik.
Vir my persoonlik is dit skadelik as ons definisie van onsself te groot rol speel. Veral nou dat konserwatief so sterk teenoog liberalis gekontrasteer word amper as uiterstes. Asof die een volkome links is en die ander regs. Ek het voete is beide denkrigtings: ek glo in behou die goeie asook gun dit vir almal. Daarom is ek ‘n Konserwatiewe Liberalis.
So kom ons los almal ons definisies by die huis en laat ons tussen mekaar net mense wees.
Sport teaches us things that are difficult to learn from a textbook. We learn to lose without seeing ourselves as losers. We learn to win without believing we are better than others. We learn to work together, to get back up when we fall, to respect our opponent – and, perhaps most importantly, to fully experience the moment we are in.
Because playing is more important than the result.
The result eventually disappears into a record book. The game itself – the laughter, the tension, the friendship, the unexpected moment, the feeling of a ball at your feet or a racket in your hand – remains part of who you have become.
And perhaps that is why sport teaches us something about life. The ultimate result of every life, after all, is death. And death teaches us, ironically, that life itself was the thing that mattered most.
So perhaps the purpose is not simply to win, but to play while we can.
To be present. To laugh. To compete. To connect. To feel alive.
Because in the end, we all reach the same result.
And perhaps the greatest achievement in life is simply this: to have truly played.
Riku Lätti is nie net ’n vervaardiger nie, maar ’n kreatiewe vennoot wat jou deur die hele musikale proses kan begelei – van die eerste vonk van ’n idee tot ’n afgeronde opname. Hy werk nou saam met kunstenaars, of jy nou hulp nodig het met liedjieskryf, verwerking, of die verfyning van jou klank.
Met jare se ervaring en ’n diep liefde vir musiek, bring Riku ’n ryk, organiese benadering na elke projek. Hy speel self verskeie instrumente, insluitend kitaar, baskitaar, klavier, banjo en trekklavier, wat hom die vermoë gee om jou liedjies laag vir laag op te bou met karakter en gevoel.
Verder werk hy saam met ’n netwerk van talentvolle musikante wat instrumente soos tromme, viool, tjello en saksofoon kan bydra – sodat elke lied die presiese atmosfeer en kwaliteit kry wat dit verdien.
Of jy nou ’n beginner is met jou eerste liedjie, of ’n gevestigde kunstenaar wat ’n nuwe klank soek, bied Riku Lätti ’n professionele, kreatiewe en ondersteunende ruimte om jou musiek werklik te laat blom.
Riku Lätti is die dryfkrag agter Latrix Digital, ’n ontwikkelingshuis wat fokus op slim, robuuste en doelgerigte webwerwe.
Hy het onder andere webwerwe gebou soos taalhuis.co.za, diekoerant.online, diepunt.co.za, diemens.co.za en diegewete.co.za – elk met ’n unieke identiteit en funksionaliteit.
Daarbenewens het hy ook projekte voltooi vir uiteenlopende kliënte soos gertvloknel.co.za, rianmalan.co.za, avsa.net.za, digitalealexandrie.co.za en dieskrywer.co.za.
Sy benadering tot webontwikkeling is diep geïntegreerd: hy bou databasisgedrewe stelsels wat nie net as webwerwe funksioneer nie, maar as volledige platforms waarmee jy jou inhoud, gebruikers en organisasie kan bestuur. Of jy nou ’n kunstenaar is wat jou werk wil vertoon, of ’n organisasie wat komplekse prosesse moet hanteer – Riku ontwerp oplossings wat saam met jou groei.
Met ’n sterk fokus op eenvoud, funksionaliteit en estetika, bied Latrix Digital ’n persoonlike, betroubare en kreatiewe diens wat tegnologie en storievertelling bymekaar bring.
Riku Lätti is ’n ervare en intuïtiewe skrywer wat oor ’n wye spektrum van genres werk – van fiksie en kinderboeke tot politieke en filosofiese besinning, poësie en essays. Sy skryfwerk word gekenmerk deur ’n sterk stem, insiggewende perspektiewe en ’n vermoë om komplekse idees toeganklik en boeiend te maak.
As redakteur van Die Koerant het hy nie net ’n fyn oog vir taal en struktuur nie, maar ook ’n diep begrip van wat lesers raak en betrek. Hy kan help met die ontwikkeling van idees, die skryf van oorspronklike inhoud, en die verfyning van bestaande tekste – altyd met respek vir die unieke stem van die projek of skrywer.
Of dit nou gaan oor ’n kortverhaal, ’n kinderboek, ’n opinieartikel of ’n diepgaande essay, bring Riku ’n kombinasie van kreatiwiteit, intellektuele diepte en praktiese ervaring na elke stuk. Hy werk gemaklik alleen of in samewerking, en bied ’n professionele, deurdagte benadering tot enige skryfprojek.
Riku Lätti is ’n gevestigde stem in die Suid-Afrikaanse musieklandskap, veral bekend vir sy werk met Wasgoedlyn. Sy musiek beweeg tussen genres en style, maar bly altyd gewortel in eerlikheid en storievertelling – met lirieke wat dikwels persoonlik, filosofies en soms speels is.
Oor die jare het sy optredes ’n reputasie opgebou vir hul opregtheid en die vermoë om ’n gehoor stil te maak en in te trek. Daar is ’n rou, onopgesmukte kwaliteit aan sy spel en stem wat dit laat voel asof elke lied spesifiek vir daardie oomblik geskep word. Kritici en gehore het dikwels gewys op die unieke balans in sy werk: tegelyk broos en kragtig, eenvoudig en diep.
As musikant en liedjieskrywer bring hy nie net tegniese vaardigheid nie, maar ook ’n sterk artistieke visie. Sy ervaring as vervaardiger en multi-instrumentalis versterk sy vermoë om klankwêrelde te skep wat beide intiem en ryk is. Of op verhoog of in die ateljee, bly Riku Lätti se werk gefokus op wat saak maak: eerlike musiek wat iets werklik sê.
Janneman in die Diereryk (2011) is Riku Lätti se eerste volledige kinderalbum, maar om dit bloot só te beskryf, doen dit tekort. Dis 'n bundel liedjies en verhale waarin diere, woude en kinders mekaar ontmoet op die plek waar verbeelding en waarheid oorvleuel. Die album herinner aan die ou tradisie van fabels: stories wat kinders laat glimlag, maar terselfdertyd volwassenes uitnooi om weer met nuwe oë na die wêreld te kyk.
Deur karakters soos Oupa Uil, Koning Leeu, Skildpad en die onstuimige Janneman word vrae gevra oor ons verhouding met die natuur, oor verantwoordelikheid, vryheid en die gevolge van ons dade. Wanneer die oerwoud verdwyn en die diere hulself in die stad bevind, word die grens tussen fantasie en werklikheid doelbewus vaag.
Soos in baie van Lätti se werk is die musiek tegelyk speels en ernstig. Die melodieë is toeganklik genoeg vir jong luisteraars, maar die lirieke dra temas wat saam met die luisteraar kan groei. Janneman in die Diereryk is uiteindelik 'n album oor verwondering—en oor die hoop dat ons, al raak ons groot, nooit die vermoë verloor om die stemme van die diere te hoor nie.
Die film Abraham het in 2015 verskyn en word beskou as Jans Rautenbach se laaste groot werk. Die storie speel af in landelike Kannaland en handel oor ’n arm beeldhouer wat probeer oorleef en sy gesin onderhou.
Riku Lätti het die volledige oorspronklike klankbaan geskryf en opgeneem. Volgens beskrywings van die film en soundtrack is die musiek doelbewus op plek in die Karoo opgeneem om die landskap en emosionele wêreld van die film eg vas te vang. Die instrumentasie en style is beïnvloed deur plaaslike folk-, riel- en Karoo-klanke.
Kritiese ontvangsDie film én die musiek is sterk geloof. Op Lätti se amptelike webwerf word filmkritikus Daniel Dercksen aangehaal wat Abraham beskryf as:
“a profound and consummate masterwork”
Die musiek word beskryf as ’n “evocative music score” wat die emosionele landskap van die karakters dra.
Styl van die soundtrackDie album voel minder soos ’n kommersiële popplaat en meer soos ’n filmiese Karoo-reis — baie atmosferies, introspektief en organies. Die snitte gebruik dikwels akoestiese instrumente, herhalende temas en minimalistiese teksture om die film se stilte, droogte en geestelike temas te versterk.
Van die bekendste snitte sluit in:
Die soundtrack is steeds op stroomdienste beskikbaar:
Interessant genoeg noem verskeie bronne dat die musiek oorspronklik deur Die Wasgoedlyn versprei is.
Daar is ook ’n groter kultus-aanhang rondom Riku Lätti se lirieke en filmwerk in Afrikaanse alternatiewe musiekkringe. Op Reddit het gebruikers hom onlangs beskryf as een van die meer “digterlike” Afrikaanse liedjieskrywers.
Radio Lava is ’n samewerkingsalbum uit 2006 wat ontstaan het uit die kreatiewe botsing tussen Riku Lätti, Jahn Beukes en Arnaud van Vliet—drie figure wat elk op hul eie manier ’n alternatiewe, literêre en grensverskuiwende aanslag tot Suid-Afrikaanse musiek gebring het. Die album staan as ’n dokument van ’n spesifieke tyd en ingesteldheid: ’n era van eksperimenteer, onafhanklike produksie en ’n bewuste wegbeweeg van hoofstroom-verwachtings. Radio Lava voel minder soos ’n konvensionele “band-album” en meer soos ’n klanklandskap—’n uitsending vanaf ’n denkbeeldige radiostasie waar liriek, atmosfeer en tekstuur belangriker is as treffers. Klank en styl Musikaal beweeg Radio Lava tussen alternatiewe rock, lo-fi eksperimente, gesproke woord en broeiende, soms ongemaklike klankruimtes. Daar is ’n tasbare DIY-estetika: rou kitare, eenvoudige maar doelbewuste ritmes, en ’n produksiebenadering wat eerder eerlikheid as poleerwerk nastreef. Die album se klank weerspieël die uiteenlopende agtergronde van die drie medewerkers: Riku Lätti se liriese intensiteit en belangstelling in storie, identiteit en vervreemding, Jahn Beukes se donker, introspektiewe aanslag en sin vir ironie, Arnaud van Vliet se bydraes tot tekstuur, atmosfeer en strukturele eksperimente. Saam skep dit ’n album wat soms fragmentaries voel, maar juis daarin sy krag vind. Temas en liriek Tematies draai Radio Lava om isolasie, innerlike spanning, moderne vervreemding en die soeke na betekenis binne ’n lawaaierige wêreld. Die “radio”-metafoor werk op verskeie vlakke: as uitsending, as geraas, as gefragmenteerde boodskappe wat nie altyd duidelik ontvang word nie. Lava suggereer iets ondergronds en gevaarliks—emosies en idees wat stadig opbou en uiteindelik deurbreek. Die lirieke is dikwels meer suggestief as verklarend, en laat ruimte vir die luisteraar om self betekenis te konstrueer. Plek in die Suid-Afrikaanse musieklandskap Hoewel Radio Lava nooit bedoel was vir massamark-sukses nie, het dit mettertyd kultusstatus verwerf onder luisteraars wat ’n waardering het vir alternatiewe Afrikaanse (en Engelstalige) musiek wat buite konvensionele raamwerke funksioneer. Die album is belangrik juis omdat dit wys hoe samewerking tussen sterk individuele stemme iets nuuts en onvoorspelbaars kan oplewer. Terugskouend staan Radio Lava as ’n tydkapsule van onafhanklike kreatiwiteit—’n album wat nie probeer verduidelik of behaag nie, maar bloot uitsaai, soos ’n vreemde frekwensie wat net deur die regte ore opgevang word.
Die klankbaan van Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom dra ’n besondere warmte en speelsheid wat perfek pas by die film se fantasievolle wêreld. Die musiek, geskryf en saamgestel deur Riku Lätti, beweeg maklik tussen humor, avontuur en sagte emosie—presies soos die storie self.
Lätti se benadering tot die klankbaan was nie bloot om agtergrondmusiek te skryf nie, maar om ’n klankwêreld te skep wat die verbeelding van die film se jong heldin ondersteun. Die musiek voel dikwels lig en speels, met kitare, eenvoudige melodieë en soms effense dromerige klanke wat die gevoel van kinderlike wonder vasvang. Tog is daar ook oomblikke van introspeksie—musiek wat die meer emosionele tonele dra en die gehoor herinner dat avontuur en groei dikwels hand aan hand loop.
Die klankbaan weerspieël ook iets van Lätti se eie musikale styl: ’n mengsel van alternatiewe Afrikaanse liedskryf, subtiele folk-invloede en ’n onafhanklike, handgemaakte gevoel. Dit gee die film ’n identiteit wat anders voel as die groot, bombastiese Hollywood-klankbane—meer intiem, meer menslik, en duidelik gewortel in Suid-Afrikaanse kreatiwiteit.
Wat hierdie klankbaan besonders maak, is hoe dit die film se toon ondersteun sonder om dit te oorheers. Die musiek beweeg saam met Hanna se verbeelding: soms avontuurlik, soms snaaks, soms sag en nadenkend. So word die klankbaan deel van die storie self—’n musikale metgesel vir ’n wêreld waar fantasie en werklikheid vrolik deurmekaar dans.
Vandag staan die musiek van Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom as ’n herinnering aan ’n tyd toe Afrikaanse film en onafhanklike musiek op ’n besonder kreatiewe manier bymekaar gekom het. Deur die werk van Riku Lätti het die film nie net ’n storie gekry nie, maar ook ’n klank—een wat steeds die gevoel van avontuur, verbeelding en Afrikaanse hart behou.