om te sien
hoe sterk lande
soos sjina
rusland
israel
amerika *
volke vernietig
'n land laat verdwyn
is om te sien
hoe die luiperd
die bok
plattrek
en verorber
en jy voel vir die bok
maar daar is niks
wat jy
aan die natuur
van natuur
kan doen
nie
* vervang met land van keuse wat u, die gawe leser, beste pas