Taboek
Riku Lätti
eksistensiële eensaamheid
behalwe vir ons
ons diere
aliens
en god
wie weet werklik
ons is hier
watter koedoe
in die krugerwildtuin
kyk na die kar
en sien die kind
op die agtersitplek
se pyn
sal jou kat op die bank
aan jou vleis begin knaag
na jou eensame dood
aan 'n hartaanval op die mat
langs verleppende viooltjies
in voorkamer omdat jy
gegewe jou morsdooie toestand
haar ophou voer het
is daar iemand
wat jou sien
soos jy jou sien
die volkome ek
is ongeken
alleen
'n fragment van 'n mens
word weer gebore
as 'n stem sy naam sê
die ons
wat word
omdat ons
saam is
mekaar herken
is
buiten ons
al wat ons het
aan wie ons
ons lot
kan besing
so ongelooflik eensaam
is die agt punt something miljard van
ons
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer