Taboek
Riku Lätti
god
god
god is
god is leuens
in elke taal vertel
om ons op aarde
besig te hou
jy wat verskil, sê my
aan hoeveel gode glo jy
net een? *
dan stem ons so te sê saam
dis net ek
wat alweer een
te ver wil gaan
* alhoewel drie-enig?
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer