Taboek
Riku Lätti
kersfees
om oor die weg te kom
buite die veiligheid
van jou geslote boek
laat twee goed
op een wipplank ry
the loneliness
of being right
teenoor
die geselligheid
wat stilbly bied
dis 'n kwessie van tyd en plek
kennis van klank
vertel jou wat stilte is
wysheid vertel jou
wanneer om dit aan te wend
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer