Taboek
Riku Lätti
oldspeak
is godsdiens 'n gewoonte
wat mense te bang is om te los
want hel
god
so klink godsdiens mos
na 'n abusive relationship
is dit sonde om te soek
na antwoorde buite die boek
is jy mos in 'n hoek
onder 'n heilige vloek
die kinders raak gewoond aan die vis se klank
denkverdoof deur wit religieuse gesuis van woorde
tot betekenisloosheid toe
te veel maal herhaal
al staan die keiser kaal
lyk sy klere later goed
'n martelende verveling
het die oorgawe gebring
noudat niemand meer luister nie
almal uit hoeke aanvaar
sodat gemoedere aan tafel bedaar
wie twyfel weet goed
dat pa die waarheid praat
hy't alles lankal gesort
die huis
die kar
wat ons skree in sport
pa het mos die saad geplant
ma het dit gevoed
natgemaak en bemes
deur die skool
die kerk
sondagskool
die werk
verwaar herhaling die woord oor god
of breek al hoe meer mense
die neënde gebod
wanneer hulle goed kwytraak
as die onwrikbare waarheid
van die onbewysbare god
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer