het jesus eerste verwoord
maar hom nooit ontmoet nie
nooit eers met hom gepraat
om te hoor wat werklik die deal is nie
tog was hy die een
wat jesus se belofte
aan die mens
verkondig
op
gemaak
sodat almal
wat kerk toe kom
die idee van 'n ewige lewe mag erwe
teen so tien persent
paulus was 'n kreatiewe man
het daagliks nog jesus uitgedink
terloops
'n reformasie was nodig
want 'n almagtige god
is maar bra useless
as hy jou deur romeine
laat onderdruk
'n nuwe hemel moes kom
'n groen weiveld vir moeë skape
om mense uit helle te red
deur positiewe denke
en geloof
die goeie nuus
vir almal
wat nog ooit
'n sterfdag gevrees het
'n hemelse koninkryk
waar die mees lydende mens
'n salige ewige paradys sal betree
wat die dood
op die ou end is
'n oomblik soos min
deur 'n man
van tarsus
aangegryp
'n romeinse burger
op pad na damaskus
'n nuwe opdrag ontvang
in die stem van god
wat die keiser daai dae was
los nou die christene
en kruisig die jood
blameer hulle vir jesus
en maak jesus groot
en toe paulus
en jesus se broeder jakobus
volgens handelinge
in jerusalem stry kry
was dit oor paulus volgens jakobus
valse nuus as nuwe geloof optoor
en toe die stoere jode daaroor
in opstand teen paulus opruk
"weg met so 'n man van hierdie aarde
so 'n man verdien nie om te bly leef nie"
lê 40 jode 'n eed af
om eers weer te eet
na paulus se dood
nie minder as 470 romeinse soldate
200 voetsoldate
200 spiesgooiers
70 te perd
het paulus op die laaste nipper gered
deur hom kwansuis te "arresteer"
en op te saal op 'n lekker ou rug
van 'n ou ryperd
seker nou al lankal dood
vir 'n rit na felix die goewerneur
en na veiligheid
'n gemaklike bestaan
onder sogenaamde huisarres
false witness protection program
lekker diens
wat die baie spesiale prisonier
paulus
ontvang
in dae wat romeine
jode maklik
maklik aan kruise
ophang
jesus se broer
james the just
jakobus vir ons
is later vermoor
in die kerk
onder hoofpriester
ananias
ook bekend vir sy konkelinge
met die romeine
maar die saad wat die jode sou verslaan
is teen dié tyd geplant
en die nuwe narratief het posgevat
en in gelid met die romeinse leër
is joodse opstand platgeslaat
die messias
wat jood
van romein
moes red
is gekaap