soveel gelowe
soveel keer is god
verkeerdelik opgesom
en kop toe gevat
hou god naamloos
en bid
vir alles
alles is god
god is alles
en verlos jou van jou ego
en die ego van jou god
en sê dank vir jou bevoorregte posisie
waar jy
in jou taal
vanuit jou hart
met die liefde
vir alles
vir enigiets
en vir jouself
kan bid