Taboek
Riku Lätti
hoop
dis eensaam op die mes se punt
veral 'n skerpe wat sny
maar weet daar is hoop
want waarheid is 'n saad
soos die bybel sê
en as 'n ware woord eers ontkiem
kan dit nie ontsê word nie
laat dit dan posvat
saadskiet en versprei
en oorneem soos onkruid
want als in geheel gesien
is op die ou end goed soos dit is
nadeligheid verlang perspektief
kwaadaardigheid 'n invalshoek
waardeoordeel 'n waarderende
werklikheid is
objektief goed
myns insiens
paradoks ingesluit
realiteite beslis
want dood is dood
wat oor is is oor
en dis als goed
maar die belangrikste
van alles is
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer