Taboek
Riku Lätti
jesus was 'n kommunis
het voedsel vrylik weggegee
almal laat drink by die dinee
arm mense gratis genees
na die kop op die munt gewys
en gesê
gee die keiser
wat hom toekom
maar jesus was 'n volksheld
vir 'n groep in die veld
opgestaan vir vryheid
teen die romeinse ryk
jesus het die kerk ontstig
die tempelpriester afgepis
oorhandig aan pilatus
wat geen fout kon vind
met die joodse kind
selfs hand in water gesteek
om jesus se bloed
van hom af te was
dit was die priesters
se skuld
dat jesus sterf
dis nou as jy die woord
van die romeine vat
wat geskiedenis gewen het
daai jare
met die joodse skrifgeleerdes
oppie payroll
tydens die geboorte
van die nuwe testament
so asseblief
reserve your judgment
jesus vra geen toegangsfooi
by die hemel se hekke
dog vorder kerk kollekte
om jesus naam in
kerk is besigheid
jesus sê naasteliefde
kapitalis profiteer ten alle koste
kerk en geld
het goed versmelt
jesus sê draai die ander wang
toe gebeur kruistogte
liewer hulle
na hom geluister het
geloofsbesigheid
borduur jesus
se gesig
op mammon
se doek
mammoniete het
'n jesusbaadjie aangetrek
wat gemaklik pas
verwarring veroorsaak
dat mens gerus maar kan vra
by elke daad onder loep:
is dit jesus of mammon
wat bak aan die koek
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer