Taboek
Riku Lätti
ons
ons
is
almal
is
ons
dom of slim
ons is een ding
tussen alle dinge
ons verskil
dog glad nie
denkbeelde
wat ons skei
oor eeue heen
argeoloë skryf
mens
en sy vyand
as een spesie op
kry ons
ons sin
is ons
soos ons
ons sien
meer
as wat ons is
al is dit onsin
verpond die ons
hier onder ons
daar is van ons
wat grense van ons-wees
wil inperk
en terselfdetyd oorskry
direk in teenstand
met natuur
'n bo-natuur oproep
om saam met almal
wat dit ook so insien
nou met die hulp van god
uit ons
'n superras verkies
homself verwyder
uit die hele wêreld
na 'n mens-orania
dan is ons
nie meer ons nie
dan's ons
kommuniste en nazis
al weet almal
dis nie wie ons is nie
geen mens
is net links of regs
nie
almal het vriende
aan die anderkant
dis meer soos 'n spektrum
dink ek soos hy's slightly fahreit
hy's overall good net dodgy oppie edges
selfs nice soms die here weet
dit is jy weet presies
wie ons is
eendag
is ons almal saam
in die graf
gelykgemaak
verskille opgelos
gesamentlik ontbind
in stukkies
alles tesame
weer
een ding
soos ons nog altyd was
ten spyte die delusies
aangegryp op afdraaipaaie
na gode
wat poog
om die my
van die heiden
te skei
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer