Taboek
Riku Lätti
survival of the fittest
oorlewing was nog nooit maklik nie
in die ou tyd was daar leeus en tiere
allerande wilde diere
wat 'n sagte homo spens
in twee kan skeur
en opvreet
voor sy biltong word
tans
is die mens
die tier
honderd en tien
punt sewe something
persent
meer gevaarlik
as enige non homo sapiens
google dit gerus
die syfer skuifel voortdurend op
met elke spesie wat ons ontdop
in sjina verdwyn die nommer een tennisster
na seksuele aantygings oor 'n rooipartylid
in frankryk sal jy sterf as jy die profeet verf
in israel eis skermutselinge 24 palestyne teenoor 1
en grondonteiening duur voort
is jy ondominant
is jy die verkeerde kant
volgens the origin of the species
muteer alles en ons nog steeds aaneen
toon die mensdom verbysterende groei
met hoe vinnig 'n idee versprei
en behoue bly
woorde kan die grense van tyd oorsteek
lank voortleef
na die oorspronklike denker se dood
idees groot genoeg
om ons almal te vermoor
om op te som
ons word heeltyd slimmer
so verhoog ons kanse
dat die daaglikse beker
van die lewe
ook ons sal verby
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer