as god bestaan
glo ek
glo ek god
glo ek god sal doen
net wat god wil doen
sit ek my in god se skoen
glo ek god is fine
met mens sal lewe
mens sal sterwe
en alles is goed
soos dit is
god se ware
en enigste
belofte aan ons
is lewe
dis besig
om te gebeur
nou
met ons albei
gelyk
al verskil
ons tyd
alles daarna
onuitpluisbare vrae
vanwee ons beperkte blik
op hoe alles aanmekaar sit
is god
hands on skepper god
of groot gedaante god
groter as ons
of oneindig niks
oral in alles
of heeltemal nêrens
alles gelyk
bewus
of onbewus
maar steeds
soos ons
natuur se kind
wat inloer
of is god bo-natuur
wat uit 'n ander kamer
die univers bestuur
op die ou end
drie opsies in een
god is
met ons
bo ons
of god
is natuur
of is god
die tuinier
in die tuin
van lewe en dood
lewe kom
en lewe gaan
vir altyd aan
of het altyd ook 'n sperdatum
het elke dag sy gister gehad
as jy soek vir die begin
gaan jy die oneindigheid in
wat is ons anders as plante
once removed
in 'n moerse tuin
wat
leef
en
sterf
sal die tuinier verhartseer
as hy 'n plant verloor
dog onnodig om te treur daaroor
liewer blydskap
dooie plant is mos kos
kompos vir
die ewige lewe
elke dag nuutgebore
uit die ewige dood
die koste verbonde
die ingangsfooi
tot bestaan
is bloot
teenwoordigheid
en dit is goed