met apologie
aan gert
hierdie veralgemening
niks
onnatuurlik
is moontlik nie
net
natuur
bestaan
alles
is
natuur
natuur
is
alles
mens
is natuur
natuurlik
natuur
het mens
gemaak
mens
hervorm
natuur
kan
haar
nie vernietig nie
wel vervorm
na iets
mensvernietigend
mens se natuur
is menslik
en onmenslik
natuur se natuur
is altyd
natuurlik
mens verhef
maklik mensdom
bo natuur
asof enige iets
bonatuurlik
moontlik is
mens besin
meer
oor mens
as oor god
as mens
oor god besin
mens
misverbruik
natuur
natuur is
en
dis al
mens
weet
mens is
hy
vergeet
hy's natuur
mens wens
en
verwens
menswees
behels
meer wil wees
selfs meer as natuur
meer soos god
wat meer is as natuur
god
is bo
natuur
al is
mens
net natuur
is natuur
meer
as mens
natuur
kan mens
verloor
en
bly
wees
selfbeskerming
is
natuurlik
om mens ontwil
moet mens
natuur beskerm
'n spesifieke natuur
waarin mens
kan
of
een
sonder mens
mens
bly ewig
natuur
selfs nadoods
vir 'n wyle
dooie mens
maar later
as alle mensonthouers
dood is
is alles wat mens was
nie meer
mens nie
maar
steeds
natuur