Taboek
Riku Lätti
vandag
oorlogmaak
teen perdeby
is soms onvermydelik
maar as jy eers daarin is
kry dit verby
al vat dit handskoen
goggles
handdoek om die kop
vrees oorkom
instorm met gif
en stok
nes vernietig
selfvoldaan
gaan sit
en tik
hoe loop jou dag
vandag
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer