Taboek
Riku Lätti
terugflits
hulle sê
as jy eendag gaan
speel jou lewe af
voor jou oë
ek dink dis goed so
dat jy vir oulaas kan sien
wie jy is
wie jy was
jy moet met jouself kan leef
jy moet met jouself kan sterf
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer