Taboek
Riku Lätti
bekering
wees genadig met bekerendes
vrywillig moet dit wees
want anders is dit niks
wees jy 'n parate akrobaat
wat 'n siel in die lug
'n vangende hand kant bied
ons mag verskil oor god
maar oor genade nie
uit die bundel Taboek
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer